Blomtrein

13962710_1774798859403273_4778499402235663157_n (Custom)Wat kry jy as jy Jan Blohm en Neil Nachtrein op een verhoog plaas? Blomtrein! ‘n Samewerking van twee talentvolle musikante en liedjieskrywers wat saamgespan het om nuwe oorspronklike Afrikaanse musiek vir musiekliefhebbers te bied. Die gehoor word bekoor met Jan Blohm se “skurwe” stem en Neil Nachtrein se fantastiese kitaarspel. Die bekende woorde van Groen Trui, Breyten se Brief en 7 jaar, wat vanuit Jan Blohm se pen kom, val op elke oor en ontlok ‘n warboel van emosies. Emosies van verlange, hartseer, maar tog ook ‘n innerlike opgewondenheid! Jan en Neil tree al vanaf 2015 saam as Blomtrein op en inspireer mense met hulle musiek oral waar hulle gaan.

Dit was ‘n groot eer en voorreg vir die BloemFunTown-span om met Jan Blohm en Neil Nachtrein te kon gesels. Lees die getranskribeerde gesprek hieronder… Jou uitkyk oor die lewe as musikant sal verander!


BFT: Hoe het julle begin saamspeel en hoe het Blomtrein begin?

Jan: Ek was ‘n lang tyd op die pad gewees; waar ek maar basies op die pad gelewe het; ek het van show tot show gery. En ag, ek het maar moeg geraak vir bestuur en ons doen mos self klank en al die dinge. Ek kan nie presies onthou nie, maar ek en Neil het so begin om oor die telefoon te gesels. Of ek het jou gekontak nê?

Neil: Jy’t in Fouriesburg oorgeslaap en toe loop ons mekaar daar raak.

Jan: Dis reg ja. En toe het ons nou half kontak gemaak en toe vra ek hom om saam met my te toer, maar basies maar as ‘n rodey om te help bestuur en te help met die klank en dan voor die tyd kan hy dan ’n paar songs doen. En toe het ons ons eerste show hierso in Bloemfontein gehad. Neil het geopen en toe hy sing toe dog ek “hey die ou kort ’n kitaarspeler.” Die volgende aand was ons in Nieu Bethesda, en dit was ons eerste show saam. In so klein kerkie.

Neil: Ja, so klein kapelletjie.

Jan: Ja so kapelletjie-ding. Sonder speakers. Ek dink daar was so 10 mense gewees, en die dominee. En ja dit was die eerste Blomtrein-show. Toe skryf ons sommer ook ’n song oor Nieu Bethesda. En toe het ons net nooit rêrig opgehou nie.

BFT: Julle debuutalbum het julle in September 2016 vrygestel. Hoe kan julle die temas agter die liriese inhoud van die album opsom?

Neil: Ek dink so halwe oorliggende draad deur die hele album is die lewe op die pad, want die songs is op die pad geskryf… so bietjie verlange huistoe, so bietjie ou memories wat opgeduik het, en dalk so bietjie spirituele smakie daar tussenin. Ons albei skryf op ‘n meer metaforiese vlak. Dit kan op meer as een manier geïnterpreteer word.

BFT: Kan ’n mens sê julle liedjies het ’n halwe nostalgiese aanklank?

Neil: Ek sal so hoop…

Jan: Ja, enige liedjie is suppose om nostalgies te wees, enige musiek wat hou, 16195690_1420921044586074_7290367297552285208_nwat oor 20 of 30 jaar relevant is, is nostalgies, want hoekom sal jy wil terugkeer na ‘n gevoel toe of na iets wat nie nou in die mode is nie. As iets nostalgies is, gaan dit kan oud word saam met ’n mens. Die regte waarheid is, ek weet nie waaroor ek skryf nie, mens skryf net en na die tyd kom al hierdie goed bymekaar. Neil het dit half nou so opgesom, maar die ding wat ook werk tussen my en Neil is; ons is twee pole wat nie eintlik suppose is om saam te werk nie, maar vir een of ander rede is dit ‘n Yin and Yang, lig en donker, dit is ’n volkome ding. Dit is wat dit maak fit omdat dit presies die teenoorgestelde is en omdat dit presies dieselfde is. Neil sê nou hy’t die gevoel gehad die heeltyd dat jy gaan weg van iets af en jy bring iets terug. Vir my was dit altyd jy gaan soek iets. Ek gaan soek my huis. En ek dink dit is hoekom ons kan saam skryf op die ou einde van die dag; omdat ons nie heeltemal uit dieselfde plek uit skryf nie, maar eintlik maar nogsteeds uit presies dieselfde plek uit skryf.

BFT: Dit val nou baie mooi in by ons volgende vraag. Is daar ‘n spesifieke plek waarheen julle gaan as julle die skryfproses begin? Hoe vind die proses van liedjieskryf vir julle plaas?

Neil: Dit is bietjie moeilik om ‘n fisiese plek te kry. Jy kry maar ’n dagboekie of iets om saam met jou te dra. Dis maar jou fisiese plek. Iets wat jou tuis laat voel.

BFT: So daar’s nie ‘n punt waar jy miskien vir Jan kry of Jan vir jou kry en dan saamwerk aan ’n song nie?

Neil: Nee, hoe ek dit ervaar… ek kan nie skryf net om te skryf nie. As daar nie ’n liedjie is nie, skryf ons nie.

BFT: Yes, dit gebeur mos maar wanneer ’n mens dit die minste verwag.

Neil: Wat hy ook gesê het, is baie keer skryf ons en dan het jy nie rêrig ’n clue waaroor dit gaan nie. En as jy so twintig shows in is dan besef jy: “Vrek, dit is waaroor hierdie liedjie eintlik gaan.” So nee, ’n fisiese plek is prakties bietjie moeilik.

Jan: Hier’s ’n goeie metafoor: “Waarnatoe gaan jy as jy verlief wil raak?” ’n Plek sal dalk sekere goed om jou hê, maar êrens binne jouself raak jy verlief. Jy kan nie die oomblikke kies nie. En songskryf is baie soos om verlef te raak vir my. Daar gebeur net iets, jy kan dit nie rêrig verduidelik nie. Dit is half crazy. Dit is heeltemal abstrak in die begin en nog voor jy jou oë uitvee is jy so verlief op iemand en dan het jy woorde en dan bring dit die poet uit jou uit. Maar dit vat tyd.

BFT: Sê nou maar daar kom ’n song na Neil toe en daar’s ietsie wat jy like, voltooi jy hom dan heeltemal klaar en kom na Jan toe met die finish product en visa versa?

Neil: Ja, dit het al so gebeur dat ons halfklaar liedjies bring, maar baie keer sal een van ons met ’n idee kom, ons vind dit werk eintlik die beste, een kom met ’n tipe van idee, dis die idee wat ek het, dit is die lyric content en so aan en dan sal ons sê “okay kom ons doen hom vanaand.” Dan val die ander een maar half in… dan onstaan dit maar so.

Jan: Daar is, ek weet nie hoeveel songs wat net seker net nooit gaan record word nie. Dit was ’n song vir ’n dag gewees. Ons het ’n idee gehad voor ’n show en ons het hom live gedoen. En dis wat ons doen, elke liewe song moet live gespeel word. En die nuwe songs verander elke aand totdat dit op ’n plek kom waar daar iets gebeur tussen ons en die mense. En die mense is negentig persent van die ding, ek is vyf, hy is vyf, die res is negentig persent. Die hele plek waar die musiek gebeur is in die mense, nie in ons nie.

BFT: Ons gaan nou baie in detail in met die liedjieskryf omdat julle albei sulke begaafde liedjieskrywers is. Wat is liedjieskryf vir Jan Blohm persoonlik? Wat beteken dit vir jou?

Jan: Jisi, dit verander. In hierdie seisoen van my lewe, is liedjieskryf ’n spieël vanwaar ek nou is, van my drome, van waartoe ek wil gaan. Dit is baie abstrak. En hoe ek dit voel is as mense vir my vra: “Waaroor gaan hierdie song? Wat is die storie? Dit moet ’n spieël wees. ’n Goeie kuns is ’n spieël, want jy sien iets van jouself raak. Dit is ook hoe ek aanklank vind in musiek, want iets wat in daai ou se lewe gebeur, wat belangrik is vir hom, wat mooi is vir hom, is in my ook. Dis die deel van musiek wat my trek. En daar’s ’n level van eerlikheid wat daarmee saamkom. So liedjieskryf is eerlikwees.

BFT: Want daar’s ’n sekere klep wat jy seker half moet laat oopgaan?

Jan: Jy moet hom heeltemal laat oopgaan. Jy is ’n kanaal vir iets. Ek weet rêrig nie wat nie, maar ek kyk byvoorbeeld na iets soos Breyten se Brief. Ek was jonk, drie-en-twintig. Tot vandag toe kan ek nie verstaan hoe ek daai tyd daai song geskryf het nie. Ek was heeltemal te jonk. Ek kan nie die twee by mekaar uitbring nie, maar ek het.

BFT: En vir jou Neil? Wat beteken liedjieskryf vir jou?

Neil: Jan het aan baie van die goedjies geraak waaroor ons baie praat. Obviously is dit ’n ding van “’n ou probeer dit uitfigure.” Bruce Springsteen het gesê om oor musiek te praat en om oor liedjieskryf te praat is soos om oor seks te praat. Kan jy dit beskryf? Is jy veronderstel om dit te beskryf? Mag jy daaroor praat?

Jan: Dis iets wat jy net doen….

Neil: Of moet mens dit net aanvaar? Waar die spieëlbeeld vandaan kom is; ek het eendag met iemand gepraat toe sê hulle vir my: “Hoor hier Neil, die gawe wat ’n skrywer het, is soos om ’n spieël voor iemand te hou.” So, elke ou interpreteer jou lirieke of jou liedjie of die gevoel van die musiek heeltemal anders. As jy dit kan regkry om net ’n weerspieëling te wees van iets wat iemand anders van homself sien, dan het jy dit reggekry, want die musiek bly groter as die skrywer. Dis waar die een-plus-een-is-drie-vergelyking vandaan kom.

Jan: Ja, een plus een is drie! Daar is die formule vir ’n goeie liedjie!

BFT: Julle albei was eers solo-kunstenaars en nou ’n duo… Wat sal julle sê is die grootste voordele en/of nadele daarvan om as ’n duo saam musiek te maak?

Neil: Ons het intus13100700_1736487296567763_3434140829562910965_nsen albei al solo-gigs gedoen en dan besef jy daar’s geen voordele daaraan om alleen op te tree nie. Dit voel baie afgewater van my kant af. Ek het heeltemal solo opgetree voor ek vir Jan ontmoet het en ek was nog glad nie gevestig op die vlak wat Jan was toe ons ontmoet het nie. Om nou alleen te speel is ’n groot uitdaging. Dit is op hierdie stadium een van my grootste vrese om alleen op te tree. En dit is ook iets waartoe ons strewe is om alleen op te tree. Jy moet dit kan doen, maar dit het so bietjie die bar geraise wat standaard betref. As duo, die energie is net soveel meer in die eerste plek. En dis nie net twee musikante nie, dit is twee skrywers, dis twee frontmen wat saam optree. Eintlik om saam te speel is nie ’n uitdaging nie, dit het van die begin af natuurlik gekom. Die uitdaging is om dit nooit te stagneer nie.

Jan: Ja, dis maar net om aan te hou met dit. Soos Neil sê ons al twee is tegnies proficient genoeg om die ding solo af te pull en ons is al twee frontmen… if you payed the cost to be the boss… As jy die baas is in die band, die lead singer. Jy’s die front man, jy’s die gesig van die band… jy’s die Eddie Vedder of die Axl Rose. Die interviews gaan met Axl of met Chris Cornell of Kurt Cobain wees. Wat interessant is in ons band is dat daar ’n Chris Cornell en ’n Bruce Springsteen is. En wat gebeur is ons push mekaar. Dis mos wat ’n front man doen. En dit maak die musiek so tense en interessant en dit groei.

BFT: Wie of wat inspireer julle as musikante tans of in die verlede toe julle begin musiek maak het?

Jan: Inspirasie is emosie. ‘n Song begin by emosie. Ek sal iets voel en ek skryf uit voel uit. Woorde is maklik, woorde kan verander word. ’n Goeie melodie kan jy in enige iets insit, as jy ’n goeie melodie het en hy stick in jou kop, dan weet jy dis ’n goeie melodie. Daai stuff is nie die moeilike goed nie. Die moeilike goed is om iets te voel. Om dit in so mate te voel dat jy dit elke aand vir die res van jou lewe as jy dit moet optree te voel en nie daar sit en jouself cover te nie; covers speel vir jouself nie. Whatever my inspireer om emosie te kry is belangrik.

In die begin was dit blues… deesdae is dit baie soulmusiek. En ook weereens met die songs het ek agtergekom, hoekom ek so baie lief is vir boks en die hele ding van blues ouens na soulmusiek, is omdat dit altyd iemand is wat uit ’n agtergrond uitkom wat nie so goed was nie en hy homself uit sy omstandighede probeer uitveg. Ek dink dis met blues dieselfde ding… en veral met soulmusiek; jy voel dit. Daai wat die soul ouens regkry… dit inspireer my. Soulmusiek inspireer my verskriklik erg. Dis funny, want dit kom uit Southern Amerikaanse Baptistiese kerke uit wat hulle Christen-musiek gevat het en seks lyrics bygesit het. Dan sing hulle “jy’s mooi” in plaas van “prys Hom”.

Neil: Ja, wat sê mens na so lekker elaborate uitbreiding. Definitief, daar moet ’n gevoel wees van jouself. Al skryf jy narrative oor iets anders of iemand anders, wat jy gesien het en observeer het, moet ’n stukkie van jouself uittrek om dit te voel. Ek dink daar’s ’n verskil tussen invloede en inspirasie. Dit wat ons luister, dit wat jy lees… dis invloede. Inspirasie kom uit die werklikheid uit. Partykeer is dit net iemand wat jy sien sit by homself of ’n paartjie wat saam onder ’n sambreeltjie stap.

BFT: ’n Ander ding nou… Dink julle daar is iets soos die perfekte gehoor? Of hoe sien julle die perfekte gehoor? Soos byvoorbeeld as jy by hom kom en sê: “Jis Jan hierdie was nou ’n lekker gehoor…”

Neil: Ek dink elke aand se gehoor is die perfekte gehoor, want hulle druk jou om hulle te swaai na die perfekte gehoor toe. So as jy iets sou kry soos die perfekte gehoor sou dit niks van jou kant af gekos het nie. Maar nou as ons in ’n teater speel probeer ons die mense op hulle voete kry. As ons in ’n bar speel probeer ons die mense stil kry. Jy probeer hulle swaai na dit wat die musiek ‘verdien’.

Jan: Ja die droom is… die persoon wat half agt daar instap mag nie dieselfde ou wees wat tienuur daar uitstap nie. Dis ’n reël. Jy sal geswaai word. Al is dit op ’n klein en suttle maniertjie. Ek dink om… ek weet nie miskien as ek “fok” sê dan is dit nie so bad ding nie. Jy weet… klein suttle goedjies.

BFT: Ja net ’n ander tipe van uitkyk as jy uitstap…

Jan: Ja, en dit gebeur, soos wat Neila nou mooi gesê het, en ek het al vergeet dit is so, is dat ons probeer om iets te verander, ons probeer nie uncomfortableness te create nie, maar jy aanvaar die posisie waarmee jy instap en jy doen iets daarmee. As jy iets doen, gaan iets gebeur en dit gaan nie dieselfde wees as in die begin nie. So as hulle stil was, hoop ons hulle dans en chat met mekaar, en as hulle chatterig was hoop ons, ons het hulle êrens deur die aand gekry om net te sit en luister wat gebeur. Dis seker ’n intense manier om daarna te kyk, maar as jy nie so daarna kyk nie, hoekom doen jy dit?


 

Facebook Comments