Die Hammers in Bloemfontein

41691107_668548763527456_7297104123999027200_o
Onsekerheid is ‘n kiem wat deur almal gedeel word, maar deur niemand ontbloot word nie. Yvette word 50 en die Hammer-gesin, meestal Jabes, spook om die partytjie op die been te kry. Stacy werk aan haar gewildheidsplan voor die Prysuitdeling, Jaap is gespanne oor sy werk en Ouma het uiteindelik weer ‘n blink straaltjie in die oog. Wat gaan Heletta sê van Yvette se nuwe uitrusting en hoekom is haar foon af?

Ja, die Hammers-gesin is glad nie ver van die normale huishoud nie. Vas gevestig in morele waardes. Alledaagse familie-uitdagings word dikwels in die gesig gestaar. Nie net in die familiekring nie, maar ook die wêreld daarbuite; of dit in die skool, werksplek of selfs net die bure se doen en lates is. Die Hammers beeld ‘n sagmoedige kant van ons almal uit in alle aspekte van die lewe.

 Die vertoning van Die Hammers is ‘n voorbeeld van hoe divers en tóg eenders elke lid in die Hammer-huis is.  Oom Jaap Hammer is lojaal en goed vertroud in sy werksplek, maar dra self baie op sy skouers as pa en hoof van die gesin. Tussen die sussies, Jabes en Stacy, kan mens selfs die gene raaksien wat met ma Yvette en Oom Jaap ooreenstem. Vir meer kleur, is Ouma Hammer ook by met alles wat haar lewe kleurvol maak op haar wyse ouderdom.

Daar word gejubel en gehuil, gesing en gelag en ware lesse geleer terwyl Loanè van Sandwyk al hierdie karakters uitbeeld en in ‘n oogwink van persoonlikheid tot persoonlikheid spring sonder enige moeite. Die uitbeelding van ware talent!

Hierdie is ‘n vertoning oor ‘n gesin, vir die gesin. Die Hammers is tydens die Vrystaat Kunstefees as Vrynge-produksie vertoon. Nou is Die Hammers terug in Bloemfontein! Vir dié wat hierdie uitstekende produksie tydens die Vrystaat Kunstefees gemis het, kan hom nou die 12de Oktober om 19:00 by die Doxa Deo kerk sien. Kaartjies is slegs R80 en waarborg om jou maagspiere te laat werk!

Vir meer inligting, stuur ‘n epos aan: solankmensnetkanlag@gmail.com


Facebook Comments