In die kollig met Kirkland

Kirkland_01


Kirkland bring ’n totale nuwe en opwindende klank na die musiekmark. Al die pad van Bloemfontein, het vier talentvolle musikante saamgekom om ’n unieke kombinasie van verskeie musiek genres in een liedjie vas te vang. Hulle liedjies wissel van old dusty folk tot moderne popmusiek met ’n dromritme waarop Suid-Afrikaners van enige ouderdom sal wil dans.

Hoe sal julle Kirkland se unieke klank beskryf?

Dis moeilik om te sê, ons het in ons kort loopbaan as band al redelik geëksperimenteer, en het enige iets van pop tot en met folk en rock musiek opgeneem. So dalk is in ons nog opsoek na daardie “signature sound” … Maar om op te som, is ons musiek enige iets vanaf klaviergedrewe ballades tot songs met groot kitare en harde dromme, dit hang maar af wat uitkom en ons laat die musiek gaan waar dit wil gaan. Ons probeer altyd dit so eerlik moontlik hou.

In 2016 het julle groot opspraak gewek met die bekendstelling van julle eerste enkelsnit, The Runaway, wat ook op verskeie radiostasies regoor die land gespeel het, soos onder andere RSG, GrootFM, OFM, KovsieFM and PukFM. Hoe het julle musiek vanaf julle eerste enkelsnit gegroei?

Ons het baie geëksperimenteer sedert die release van The Runaway. Ons doen nogsteeds. Met Speed of Light het ons ‘n pop-aanslag probeer, onder leiding van vervaardiger Ewald Jansen van Rensburg (wat ook al liedjies vir Monark, Majozi en Elvis Blue vervaardig het). En daarna het ons Afrikaanse singles, Net Na Nege en Weerlig self opgeneem en uitgebring, wat weer ander style is. Ons het musically meer gegroei sedert The Runaway en die EP City Lights. Ons is beter musikante en maak beter besluite rondom die struktuur en verwerkings. Maar The Runaway sal altyd na aan ons harte wees, en ons sal niks verander nie.

In 2018 het julle trots in julle moedertaal begin liedjies skryf en julle aanhangers was gaande daaroor. Waarom die transformasie na Afrikaans?

Hein het net toevallig Afrikaanse liedjies geskryf, en ons het net besluit om dit op te neem. Ons al 4 hou baie van Afrikaanse musiek, en hou daarvan om te skryf in Afrikaans. Weerlig is ‘n splinternuwe liedjie uit Hein se pen, waar Net Na Nege ‘n baie ou liedjie is wat ons weer gaan opgrawe en oor verwerk het. So die Afrikaans was maar altyd daar.

Vertel ons van die maak van die video “Weerlig” ?

Dit was nogals fun! Ons het 2 en ‘n halwe dae gehad om te skiet, en het ‘n akteur (Pieter Swart) gekry wat bereid was om te help. Pieter het sy debuut gemaak in die internasionaal bekroonde film Five Fingers for Marseilles, en ons was opgewonde toe hy bereid was om uit te help. Ralf Swart het die video vir ons geskiet, en Willem het die video direct. Ons het van ons vriende bymekaar gemaak om hier en daar rolle te vervul, en die video was op die ou end van die dag meer van ‘n lekker geleentheid en kuier, en het die harde werk die moeite werd gemaak!

Waar kom die inspirasie vir die liriek en musiek vandaan?

Die inspirasie vir die musiek is maklik, dit kom natuurlik. Die lirieke kan tricky wees. Soms is dit ‘n idee wat op pop in die que by Checkers, ander kere vat die ure se doodkrap en so 2 bottelswyn, haha. Die groot spelers is maar altyd teenwoordig soos liefde, verlies, innerlike konflik of hartbreek. Eerlikheid is prioriteit nommer een. Elke band is uniek, daar is ‘n natuurlike klank wat altyd sal deurdring. Dis ons identiteit, ons fingerprint. Ek glo die lirieke moet altyd daardie identiteit behou. En opregte lirieke pas altyd perfek.

Wat was julle grootste prestasie tot dusver?

Sekerlik KKNK 2017. Ons het die RSG-verhoog ge-headline, en die vertoning was regstreeks uitgesaai op die radio. Dit was ‘n eerste vir ons.

Vertel ons van julle ideaal vir die band vir 2019? Alhoewel julle al ‘n gevestigde fanbase in Bloemfontein het, sal julle jul horisonne wil verbreed?

Ons wil meer speel in 2019 – en wyer. Ons kyk veral na Gauteng, om meer daar te speel. En ook dalk die Kaap – ons het nog nie daar opgetree nie.

Wat is Kirkland se planne vir 2019?

Behalwe vir meer gigs speel, het ons miskien ‘n verrassing of 2 in die pyplyn :)

Kirkland bestaan uit 4 vriende wat daarvan hou om saam musiek te maak: Hein Geldenhuys (stem, kitaar), Callie van der Merwe (kitaar, klavier), Willem van der Merwe (baskitaar) en Louwrens Kock (dromme).



Facebook Comments