“Ek het geweet” sê Martin Bester

Martin Bester - Ek Het Geweet (Omslag)Martin Bester het geweet, maar het jy?

Ons ken almal vir Martin Bester as die man met die mooi stem op Jacaranda 94.2  Hy is ook bekend vir jou rolle in die films, Pretville (2012), Sonskyn Beperk (2016) and Vrou soek boer (2014). Hy is egter ‘n man met vele talente!

Sy nuwe enkelsnit, Ek het geweet, is pas vrygestel en beloof om in die suksesvolle voetspore te volg van sy bestaande treffers, Wat weet ek tog en Ou Spoor en Sterre.


1. Jy is ‘n man van vele talente – ‘n Bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester – maar jy sê musiek vloei deur jou are. Waar en wanneer het jy besef jy wil ook musiek maak vir ‘n lewe?

Van die begin af, voor enige iets anders. Daar was altyd musiek in ons huis, ons het groot geword by musiekfeeste en konserte. Ek het op skool in die koor gesing en my eerste groep gevorm in my eerste jaar op varsity. Dit sal daar wees na enige iets anders ook…

2. Jou nuwe enkelsnit, Ek het geweet, is nou onlangs vrygestel. Dit is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans,met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing. Behalwe dat jy mense wil laat dans, watter boodskap wil jy deur die lirieke aan mense oordra? OF watter storie wil jy vertel deur die lirieke?

Die tekens is altyd daar reg voor jou oë. Jy moet dit net raaksien, selfs probeer mens soms jouself of iemand anders flous, jy het geweet…

3. Jy is ook deel van die alternatiewe rockband, Kinky Robot. Wat sal jy sê is die grootste verskil om in ‘n band te speel teenoor om alleen op te tree as ‘n solo-kunstenaar?

Ek is nogsteeds nie alleen op die verhoog nie, ek speel altyd saam met n band. Die verskil kom maar net in wanneer dit kom by besluite neem en die kreatiewe proses is ook meer gefokus op my…

4. Jy het gesê: “Ek love dit as my musiek met iemand ‘praat’ op die dansvloer, op ’n road trip in die kar of selfs net alleen by die huis.” Watter musiek luister jy in die kar wanneer jy op roadtrip gaan? EN watter musiek luister jy alleen by die huis?

Jong dit hang af van my gemoedstoestand, soms ‘n bietjie harder en soms ‘n bietjie rustiger en soms sommer beide. Enige iets van Kaleo tot Future Islands, van Rodrigues tot Red Hot Chilli Peppers. Ek het onlangs ‘n band van LA ontdek genaamd Allah Las wat baie rustig is. As ek braai kom The Doors en Fleetwood Mac uit en selfs ‘n bietjie Country.

5. Jy is een van die bekendste radiopersoonlikhede in die land. Hoe verskil dit om as omroeper met die publiek te praat, teenoor om deur jou musiek en lirieke met die publiek te praat?

Radio is daar min tyd vir dink voor jy praat en dit gaan baie oor reageer en gesprek voer. Met lirieke kan jy daaroor nadink en peins. Alhoewel, ek verander baie min my lirieke nadat ek dit neergeskryf het…

6. Jy is al van lankal af in die kollig as radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester. Hoe beleef jy dit om as musikant in die kollig te wees?

Ek waardeer dit altyd wanneer mense belangstel in my doen en late, veral as dit opreg is.


Die “Vat-eerder-5” vrae:
Sal jy eerder (kies een):

1.    Radio? of Televisie?
Radio

2.    Tee? Of Koffie? Koffie

3.    Rock? Of Pop? Rock

4.    Samsung? Of Iphone? Samsung

5.    80’s of 90’s? Ai dis moeilik. Dis soos om te kies tussen Depeche Mode en Nirvana. Hulle kan regtig baie gelukkig saamwoon op dieselfde speellys al is hulle verskillend😂


 

Facebook Comments