Ek love die Vrystaat

Dit is heerlike lELDVente en die winter is amper verby. Die reuk van lentebloeisels is in die lug en die son sak al hoe later oor die Vrystaatse horison. Die Vrystaters begin stelselmatig uit hulle toestand van hibernasie ontwaak, want hulle weet dis amper weer tyd vir Ek Love Die Vrystaat Fees!

Hierdie jaar word die vierde Ek Love Die Vrystaat Fees in Bloemfontein gevier, en die organiseerders belowe dat hierdie een nog groter en beter gaan wees as van te vore. Die idee van die fees het ontstaan uit die feit dat Bloemfontein in die hartjie van Suid-Afrika geleë is en dat dit so fees ideaal maak vir enige iemand regoor die land om dit by te woon.  “Soveel paaie loop na en deur Bloemfontein na die res van die land en die Vrystaters was uitgehonger vir hulle eie unieke Afrikaanse fees,” verklap feeseienaar, Leon Pheiffer.

Indien jy nie weet wat hierdie fees vir jou as feesganger mag inhou nie, moet jy verseker verder lees!

Ek Love die Vrystaat is ‘n heerlike feesdag wat fokus op familievermaak, maar wat jongmense ook die geleentheid gee om saam te kuier. Hierdie fees is vir oud en jonk om in die Bloem-baldadigheid te deel.

Soos oudergewoonte kan feesgangers verwag om 14 van die grootste Afrikaanse kunstenaars in die land, die kroning van Mej. Ek ♥ DIE VRYSTAAT, asook interessante stalletjies, heerlike wyn en ander drankies, en die lekkerste kos en snoeperye op die platteland by dié geleentheid raak te loop. Daar gaan selfs rugby op die grootskerms wees! Dewald Wasserfall se after party gaan ook hierdie jaar ‘n eerste vir die fees wees en Bains Game Lodge is meer geleë vir kuier, eet, drink en pret hê sonder om uit te mis op die kunstenaars se optredes.  Die kampstoele en komberse gaan ook bydrae tot ‘n lekker ontspannende feestelike dag.

Vir die organiseerders van die fees staan die opregtheid van die Vrystaatse mense vir hulle jaar na jaar uit. Hulle verwag ook dat mense in groot hordes die fees gaan bywoon omdat kaartjiepryse hierdie jaar baie bekostigbaar is en die fees binne die langnaweek val.

“Hierdie jaar se informele fees maak dit anders as voorheen. Dit bring Afrikaners bymekaar om in hul eie taal onder mekaar te kuier, te dans, saam te sing en bietjie Vrystaatse samesyn te deel. Elkeen kan sy eie stoel en kombers bring en kan eet en drink van vroeg tot laat – met kinders wat oral rondhardloop en baljaar, terwyl die ouers ten volle kan ontspan”,  voeg Pheiffer by.


Feeshekke sal reeds vroeg op die dag open en besoekers sal deur die loop van die dag deur sterre soos Robbie Wessels, Leah, Ampie, Jay, Lianie May, Nádine, Joe Foster, Zamar, Tussen Sterre, Monique Steyn, Dillion Lern, Gretha Pers, Steyn Fourie en Jemma vermaak word.
Daar sal ook om 22:00 ‘n after-party wees saam met Dewald Wasserfall. 
So skryf 22 September 2018 in dagboek en maak seker dat jy en jou gesin nie die kuier-van-die-jaar by Bains Lodge misloop nie!

KRY JOU KAARTJIES!
Kaartjies vir die Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES is beskikbaar by www.computicket.com of by die
hek (behalwe vir spesiale pakkette).

As jy ’n plesierige Afrikaner is, wat hou van kuier, lag en goeie musiek, val die grootste musiekfees in die Vrystaat beslis so reg in jou kraal. Sien jou daar!

 KAARTJIES BY COMPUTICKET


 

Facebook Comments