Eksklusief: Spoegwolf

26232759_1616258408440025_5207679096944067459_oSpoegwolf word beskryf as die ondier wat uit die baard van die boland gebore is – ’n Vuil naam met genoeg baard daaraan.  Ek haal aan:

“Vier jong mans het besluit om liewer saam geraas te maak. Die resultaat was katastrofies. ’n Harige blinkoog monster het wankelend oor die strate begin loop en saggies skree. Benags het hy in skaduwees en die donker hoeke van feeste en Straatbyeenkomste geremoer. Die musiek was regte Afrikaans en dus eerlik rou. Dit was nie te sag nie, en nie te hard nie. Dit was die hartklop van ’n dier.”

Dit is beslis ‘n trotse oomblik wanneer jy as ‘n Spoegwolf-aanhanger in die gehoor staan en sien hoe vier jongmans met soveel passie die musiek maak waarvan hulle hou. Die vier jong, talentvolle musikante, as die karakters van hulle eie magiese toneelvoorstelling, neem jou op reis na ‘n magiese wêreld en jy kan nie help om net jou oë toe te maak en jouself oor te laat aan swaartekrag nie.”


1398358_588534067879136_1966965103_o

Sy mede bandlede beskryf hom as die ‘Time-travelling detective”, maar Danie du Toit met die ‘huilende stem’ vertel hoe hy altyd gedink het Indiana Jones is ‘n Geskiedkundige. “Ek het te laat agter gekom dat hy wel nie ‘n Geskiedkundige was nie, maar ‘n Argeoloog. Dit was te laat, want ek was al klaar oppad om ‘n Geskiedkundige te word”.

Moskou du Toit, Danie se jonger broer en die drommer van die band, is ook ‘n kranige sjef in die Paarl. Danie 1397671_586377514761458_347086163_overtel met opwinding in sy stem die storie van Moskou en sy eerste ervaring agter ‘n dromstel:  “My oupa;  hy like musiek en het altyd betaal vir recordings. Hy het ons opgevlieg Pretoria toe en dan record ons cool songs daar. Een dag gaan Moskou saam na hierdie ongelooflike groot recording studio. Daar was ‘n groot dromstel en Moskou gaan sit agter hom – hy het nog nooit aan ‘n dromstel in sy hele lewe geraak het nie. Soos ek speel, begin Moskou saamjam. Dit klink toe letterlik mal,  en toe is Moskou net daar en dan drommer. Moskou was nege of tien jaar oud.”

1403754_588112684587941_299258191_oHulle beskryf Albert van der Merwe as die ‘brullende bas van die dier’. Behalwe vir musiek is hy ook lief daarvoor om te teken en te skryf. “Ek het vir Danie-hulle ontmoet toe ons agt jaar oud was – daar was niemand anders in Paarl Boys High wat kon lees of na musiek geluister het nie; behalwe ek en Danie. Ek onthou hoe Danie se pa vir ons plate gespeel het, en ons daar en dan besluit dat ons rockstars gaan wees. Ons het onderste bo gelê op ‘n bank en na Jackson Browne en Pink Floyd geluister.”

1402097_586846878047855_294310893_oChris von Wielligh was die laaste lid om by die band aan te sluit met sy ‘besnaarde hand’ en kitaartalent. Hy is die ingenieur van die band en hou daarvan om goedjies te maak. Die res van die band is van mening dat Chris alles soms net té goed doen – van ribbetjies maak tot sy eie klavierkas. “Chris is die man wat al die calls maak, die knoppies druk en ja of nee antwoord,” sê Danie. Chris het op Hoërskool by die band aangesluit nadat hy die res van die band by die Raka-fees ontmoet het.


 

 

Facebook Comments