Frank Freeman sing in sy moedertaal

Al woon hy al vir meer a41873080_2594264063920768_872746146345254912_os vyf jaar in die Moederstad, sal Frank Freeman altyd ‘n sagte plekkie vir sy tuisdorp in sy hart hê. Hierdie ou Grey-kollege-Bloemfonteiner het al vanaf die ouderdom van 14, Suid-Afrika op internasionale vlak as musikant verteenwoordig. In 2009 wen sy band Colour Blind, die Rockspaaider op MK, waar hulle ook twee nominasies vir die MK-toekennings losgeslaan het vir twee van hulle musiekvideos op die MK Top Tien. Behalwe dat hy op gereelde basis die verhoog met groot name soos Francois van Coke en Arno Carstens  deel, woeker hy ook met sy solo-loopbaan. Frank het nou onlangs sy Afrikaanse debuut solo Hoor jy my op digitale platforms vrygestel, en gaan ook eersdaags ‘n tweede Afrikaanse snit vrystel.


 

1. Ons is baie opgewonde oor jou debuut solo Hoor jy my wat jy nou onlangs vrygestel het. Vertel ons van die dieper betekenis agter hierdie liedjie?
Hoor Jy My gaan oor ek wat probeer aanvaar dat wat mens in ‘n oomblik voel, dikwels misleidend kan wees in vergelyking met hoe mens
in retrospek voel. Dis vir my iets om in ag te neem, maar ook om te aanvaar, want dit gaan nooit verander nie. Jy kan nie help hoe jy voel in die oomblik nie.

2. Ons het jou veral leer ken met Engelse liedjies soos onder andere High Life. Waarom die oorskakeling na Afrikaans? (Wat het jou daartoe geïnspireer?)
Ek het vir die afgelope paar jaar meestal gefokus op my werk as ‘n musikant in ander mense se bands en projekte. Toe ek  daaraan dink om
weer iets van my eie vry te stel, toe dink ek dadelik daaraan om iets in Afrikaans gedoen. Ek voel daar is spasie om iets vars in Afrikaanse musiek te doen en ek dink daar is ‘n gehoor daarvoor. Nadat ek gewerk het saam met Arno Carstens en Francois van Coke, deur shows te
speel van hulle nuwe Afrikaanse musiek, het die tyd vir my reg gevoel om ‘n projek in my moedertong te doen. Mense kan sonder twyfel ‘n klomp verskillende en opwindendinde dinge van my af verwag in die toekoms, maar vir nou is die Afrikaanse musiekbedryf bo-aan my “to do list”. Dis my bydrae tot die kultuur waar ek vandaan kom en probeer so veel mense moontlik saam met my bring na die volgende deel van my loopbaan.

3. Wat is die grootste verskil vir jou om ‘n Engelse snit as ‘n Afrikaanse snit in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vry te stel? Is daar ‘n beduidende verskil in die mark?
Ja, daar is natuurlik ‘n verskil. Ek dink Afrikaanse mense is honger vir iets vars. Honger vir iets wat hulle kan voel. Dis wat ek probeer
bring en ek dink ek’s op dreef om dit te doen. Almal moet aan boord kom, want nuwe dinge is oppad. Ballades en partytjie nommers. Een vir
een gaan ons dinge vrystel. Iets nuut vir Afrikaanse musiek.

4. Jy stel hierdie week ‘n musiekvideo bekend van Hoor jy my. Vertel ons bietjie van die video en die storie agter die storie?
Die video bestaan uit foto’s wat geneem is deur Jaco “Snakehead” Venter, die drommer van Fokofpolisiekar en aKING, wat ook bekend is as
‘n ongelooflike talentvolle fotograaf. Die foto’s is geneem tydens die opname van my eerste 2 Afrikaanse enkelsnitte by Welcome To The  Nothing Club studios in Kaapstad. Die foto’s word ge-edit en in ‘n video verander deur Nathan Fourie van Rodeo Productions. Ek is nog altyd ‘n fan van Snake se foto’s en hy het ‘n paar ongelooflike foto’s in die studio geneem, so dit het sin gemaak om iets meer met hulle te doen as net post op Instagram of Facebook.

5. Behalwe vir jou groeiende solo-loopbaan, het jy al saam met groot Afrikaanse ikone soos Arno Carstens en Francois van Coke die verhoog gedeel. Wat is die hoogtepunt vir jou om ‘n verhoog met kunstenaars van hulle kaliber te kan deel?
Ek hou nog altyd daarvan om ‘n klomp verskillende musiek te speel omdat ek ‘n aanhanger is van soveel verskillende tipes musiek. Om die kans te kry om met mense te werk met wie se musiek ek groot geword het, is altyd ‘n goeie tyd. Ek werk nou al ‘n paar jaar saam met Arno en aan en af saam met Francois. Dis net vir my ‘n hoogtepunt om deel te wees van ikoniese kustenaars se loopbane. Om te weet ek het my rol
gespeel is ‘n goeie gevoel, maar in dieselfde asem is dit ook vir my belangrik om my eie stempel af te druk op my werk en dit in my manier te doen.

6. Jy het onder andere onlangs saam met Francois van Coke die verhoog in Dubai gedeel. Vertel ons van julle ervaring daar? Hoe vergelyk hulle alternatiewe rock scene met ons s’n in SA?
Dubai was cool gewees. Warm, vinnig en lekker. Dit het gevoel asof ons in Pretoria gespeel het met al die Afrikaanse mense by die shows. So
ek kan nie eintlik teveel sê oor hulle scene daar nie. Ons was redelik vinnig in en uit en dit het gevoel soos ‘n moerse lang trip vir ‘n Pretoria show. In ‘n goeie manier. Dit was ook my en Francois se eerste two-man shows saam so dit was lekker om ‘n paar Fokofpolisiekar songs te speel wat ek nog nie saam met hom voorheen gedoen het  nie.

7. Wat sal jy sê is die grootste uitdaging om as solo-kunstenaars op die verhoog te staan?
Om iets wat jy geskryf het vry te stel of aan mense te speel is altyd ‘n risiko. Jy sit jouself daar buite vir mense om te sien en te oordeel. Dis altyd uitdagend. Jy weet nooit wat mense gaan dink nie. So ek sit maar my werk daar buite en kyk wat gebeur.

8. Jou wortels is gegrond hier in Bloemfontein. Wat van Bloem sal altyd by jou as musikant bybly ?
Toe ek in Bloem op hoërskool was, was daar ‘n alternatiewe musiekscene waarvan ek deel was. Ons almal het rehearse by die skougronde en ons het gespeel in Die Mystic Boer. Daai tye sal altyd by my bly. Asook die Sand du Plessis teater. My gunsteling teater in die land. Ek sal altyd lief bly vir Bloemfontein. My hometown. #051.


Saam met watter kunstenaar sal jy die graagste ‘n verhoog nog wil deel?
Ek sal daarvan hou om ‘n song te doen saam met Valiant Swart. Ek’s ‘n fan.

Waar is jy gunsteling plek in die wêreld om op te tree?
Die AASVOËL KLUB in Bloem Donderdag 25 Oktober 2018!!

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy na ‘n toer by die huis kom?
Ek hou daarvan om te gaan boks. Dit help om die toer te gaan uitsweet en dan te slaap.

Wat mis jy die meeste van jou tuisdorp, Bloemfontein?
Die Mystic Boer.

Wat was jou gunsteling oomblik nog in die music scene?
1993/12/10. Die dag toe ek gebore is. 😉


Facebook Comments