Kenny Hughes

Kenny Hughes is ‘n Blues sanger en liedjieskrywer van Johannesburg. Hy het die eerste keer in Augustus in Bloemfontein opgetree as een van die openingsvertonings vir Jeremy Loops. Hy is tans nou weer in Bloemfontein en tree vanaand op by The Staffordshire! Ons het gou ‘n minuut van sy tyd gesteel om 5 kitsvrae aan hom te vra:

Wat is jou gunsteling plek in Suid-Afrika om op te tree?
Ek moet eerlik sê, vandat ek nou onlangs op my eerste toer gegaan het, en by die verskillende plekke gespeel het, met Jeremy Loops ingesluit, het ek werklik verlief geraak op die musiek as op enige spesifieke plek. Solank as wat ek musiek maak, maak dit nie vir my saak waar ek speel nie.

Wie is jou musikale inspirasie?
Vanaf ‘n baie jong ouderdom af, was ek bloot gestel aan baie guitar driven kunstenaars soos Mark Knopfler en Eric Clapton. Toe ek self begin kitaar speel het, het ek my liefde in Blues gevind. Vandaar af is dit maar ‘n roller coaster of madnesswat my inspirasie betref. Maar definitief Blues, maak nie saak wie speel nie.

Jou gunsteling kitaar?
Wel, toe ek nog met kitaar begin het, toe wys my pa vir my Apache van The Shadows en toe sê ek vir my ouers ek soek een dag ‘n rooi Fender Stratocaster. Op my agtiende verjaarsdag, sonder dat ek dit enigsins verwag het, het my ouers vir my een gekoop. I fell in love! So, Fender is definitief een van hulle.

Gunsteling aanhaling van alle tye?
A living legend, Dave Grohl: “That’s one of the great things about music, you can sing a song to 85 000 people, and they will sing it back to you for 85 000 reasons”

Beste optrede wat jy al live gesien het?
Altwee was by dieselfde fees, maar dis tussen Albert Frost en Dan Patlansky. Hy is albei uiters talentvol. Love them!

 

 

 

Facebook Comments