Musiek soos Grond stel “Lugballon” vry

54518559_2445118612429845_8268932455738638336_nMusiek soos grond is die heel eerste van sy soort in die land en gaan sorg vir ’n musiekervaring wat jy beslis nie wil misloop nie. Dié twee konserte is daarop gemik om vir kontemporêre kunstenaars ’n platform te gee om hulle hoendervleismooi lirieke, lewensverhale en veelsydigheid op die verhoog met gehore te deel.

Hierdie konsep bestaan uit onafhanklike kunstenaars wat saamtrek om die verhoog te deel en nie net hulle eie verwerkings op te voer nie, maar ook om saam musiek te maak en mekaar te begelei.

Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds gaan almal die verhoog deel en nie net hulle eie verwerkings opvoer nie, maar ook saam musiek maak en mekaar begelei.

Om hier ervaring nog meer besonders te maak, het dié groep musikante ook saam ’n splinternuwe enkelsnit opgneem en ‘n musiekvideo laat vervaardig. Lugballon is ’n pragtige kontemporêre hartsliedjie, met die boodskap dat jou uitkyk op die lewe dikwels bepaal hoe jy situasies hanteer.

IMG_1106-5“Dit gaan oor die reis wat ons as musikante met een hart meemaak en hoe ons en ons gehore mekaar kan aanspoor om vanuit ‘n hoër perspektief na die wêreld te kan kyk en sien hoe mooi dit regtig is, hoeveel hoop daar is en dat ons regtig genoeg is om mekaar hoop te gee en te inspireer omdat ons van onsself vir mekaar gee”, sê Anique van Kaleidoskoop.

Len Muller het die lied se openings-wysie op die kitaar gesit en tokkel tydens ‘n vergadering met Starburst Promotions terwyl Anique met die idee van die lugballon as metafoor vorendag gekom het.

Joshua na die Reën het alles bymekaar getrek en meeste van die lirieke geskryf asook die vervaardiging van die bykomende instrumente behartig terwyl Leon Gropp en Jouba Jordaan van Kaleidoskoop hand bygesit het met idees, raad en advies.

54279133_2443783969229976_5901846902260891648_oOm die stemme te kies wat bymekaar pas waar net twee saamsing was inderdaad ‘n groot taak, maar elke kunstenaar se unieke klank kan duidelik herken word. Om hierdie style te versoen in koor-gedeeltes is wel ‘n ander saak want almal se konsonante val op verskillende tye, maar die talentvolle Gideon Botes wat die lied opgeneem en gemeng het, het dit meesterlik gedoen en die eindresultaat is asemrowend! Die lied se stemme, kitaar, viool en tjello is slegs in een dag opgeneem!

Lugballon is beskikbaar op alle digitale platforms en kan op Itunes aangekoop word:
https://itunes.apple.com/za/album/lugballon-single/1458229169

Die musiekvideo is deur Daville se Jean de Villiers (Joshua na die Reën se broer) op hulle ouers se plaas net buite Alberton geskiet.  Paper Plane Media se Etienne Swanepoel het ook kom uithelp met die skiet van die video.

Die video weerspieël wat Musiek soos grond is – ‘n klomp vriende wat dit geniet om saam musiek met een boodskap te maak, maar tog uniek bly. Al die tonele speel in verskillende dele van die natuur af wat simboliseer dat baie dinge met grond en dan ook musiek kan gebeur – ‘n woud, ‘n grasveld, ‘n grondpad …  Daar was ‘n paar vroeë oggende wat almal moes reg wees voor die son opkom om die goue oomblik op die plaas vas te vang, en dit het natuurlik gepaard gegaan met vroeg-oggend koffies en heerlike kuiers om pizza-bokse tot laat in die aand.

Kyk die video hier:

 

KONSERTDATUMS
27 April 2019 – Villa Avianto, Bloemfontein
4 Mei 2019 – The Big Red Barn, Pretoria

Deure open om 17h00 en sluit weer om 22h00. Gaste is welkom om piekniekkomberse, kampstoele of kussings te bring om op te sit terwyl hulle saam kuier.

Kaartjies is beskikbaar by www.musieksoosgrond.co.za en wissel tussen R200 en R250 per persoon.


Facebook Comments